[Rapport] Selfs SA se pêlle in Washington raak nou keelvol

Suid-Afrika is besig om ’n gulde geleentheid te verspeel, waarsku Chris Hattingh ná ’n besoek aan Amerika, waar hy met meer as ’n dosyn regeringsamptenare en meningsvormers gesels het.
Ironies genoeg was daar nog nooit ’n beter tyd vir Suid-Afrika om handels-, beleggings-, en diplomatieke ooreenkomste met Amerika te beklink nie. 
 
Dit voel dalk soos ’n vreemde stelling, want die regering van pres. Donald Trump laat gereeld skerp kritiek op Suid-Afrika neerreën. 
 
Maar Trump is ten diepste ’n sakeman wat transaksies wil beklink. Wanneer hy kry wat hy wil hê, word politieke wrokke gou eenkant toe geskuif. Die transaksie is die middel én die doel.